Table of Contents Table of Contents
Previous Page  6 / 100 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 100 Next Page
Page Background

6

UNIVERSITY OF JOHANNESBURG

BOODSKAP VAN

DIE VISEKANSELIER

EN REKTOR

Jy gaan binnekort met ’n nuwe reis begin.

Die keuses wat jy nou maak en die deure

wat jy besluit om nou oop te maak, sal ’n

diepgaande invloed op jou lewe hê. Twee van

die belangrikste besluite wat jy gaan neem, is

wat om te studeer en waar om te studeer. Watter

universiteit gaan jy as jou tuiste kies?

Suid-Afrika beleef op die oomblik geweldige

veranderings. Ons land het uitstekende leiers

nodig om ons na 'n vooruitstrewende toekoms te

lei, 'n toekoms wat almal sal laat vooruitgaan. Om

doeltreffend te kan lei, is kennis onontbeerlik en

daarom is opleiding uiters belangrik. Indien jy nie

kennis het nie, kan jy nie lei nie. Aan die Universiteit

van Johannesburg (UJ) is ons verbind tot die skep van

toestande sodat jy een van hierdie inspirerende en

doeltreffende leiers kan word.

Ons hoofprioriteit is jou toenemende akademiese

en intellektuele ontwikkeling en om uiteindelik 'n

gegradueerde te vorm wat ten volle toegerus is

om die werkswêreld plaaslik en internasionaal te

betree. Ons visie is om jou te leer om in die vierde

nywerheidsrevolusie 'n doeltreffende deelnemer te

wees, waar tegnologie besig is om alle aspekte van

ons lewens te verander, insluitend ons huise

en werksplekke.

By UJ sal jy uitstekende akademici uit lande oor die

hele wêreld teëkom, wat tot jou akademiese sukses

sal bydra. Jy sal ook uit 'n wye verskeidenheid van

die beste programme kan kies, van voorgraadse

diplomas tot doktorsgrade, in ons sewe fakulteite

en een Kollege. Tegnologiekundige benaderings,

wat gunstig met die beste universiteite in die wêreld

vergelyk, word in onderrig en leer gebruik.

Ons studente is ons familie. Ons verskaf 'n

aangename, veilige, ondersteunende en intellektueel

stimulerende omgewing. Jy sal 'n vriendekring kan

opbou wat jy vir die res van jou lewe sal behou.

Ons gee voortdurend aandag daaraan om jou

studente-ervaring te verhoog. Om jou te help met

jou oorgang van skool na universiteit bied UJ se

Eerstejaarervaringsprogram ondersteuning- en

ontwikkelingsgeleenthede, terwyl uitstekende

akademiese en tutorprogramme 'n naatlose reis

tydens jou universiteitstudie verseker.

Ons Seniorjaarervaringsprogram sal jou tot by jou

finale jaar, graduering en verder aanspoor, óf tot 'n

nagraadse kwalifikasie óf die beroepslewe. Ander

ondersteuningstelsels en buitemuurse geleenthede

sal tot jou holistiese ontwikkeling bydra.

By UJ is ons passievol oor gemeenskapsdiens en

om 'n verskil in ons gemeenskap te maak. Jy sal

die geleentheid kry om saam met ander studente

positiewe verandering te bewerkstellig.

UJ se wêreldwye statuur en akademiese robuustheid

word deur die meeste toonaangewende

hoëronderdwysgraderingstelsels in die wêreld erken.

Hierbenewens is UJ die enigste Afrika-universiteit wat

die eerbewys van lidmaatskap van U21 ontvang het,

'n elitekonsortium van wêreldwye universiteite van

elke vasteland, waarvan die meeste in die top-100 in

die wêreld geplaas is. Hierdie lidmaatskap verbind

ons met die allerbeste in hoër onderwys wêreldwyd.

UJ is 'n jong, dinamiese universiteit en ons

gegradueerdes druk hul stempel af in ons land, op

die vasteland en verder. Ons voed ons studente

op om dinamiese deelnemers aan die vierde

nywerheidsrevolusie te wees, waar tegnologie alle

aspekte van ons lewens verander, insluitend ons

huise en werkplekke. Jou UJ-kwalifikasie is ontwerp

om jou te help om jou loopbaan aan te pak, dus,

wanneer jy gradueer sal jy alles hê wat jy nodig het

om ʼn persoon te word wat die toekoms herbedink

tot voordeel van ons wêreld – 'n ware

UJ-handelsmerkambassadeur.

Jou keuse van UJ as jou akademiese tuiste is die beste

belegging wat jy kan maak.

Prof. Tshilidzi Marwala

Visekanselier en Rektor